Waaroor gaan die blog

So baie goeie mense word by die orde van vrymesselary opgeneem sonder dat hulle behoorlik huiswerk doen oor presies wat dit is waarvoor hierdie organisasie staan en dus waarvoor hulle hulself inlaat. Die mistiek is vir baie ‘n te groot aantrekkingskrag en die persone met wie hulle te doen kry is sulke goeie ouens dat bykans niemand onraad merk nie. As jy jou weer kon kry het jy ‘n eed afgelê en jy is een van hulle. Wat jy nie dadelik besef nie is dat jy vir alle doeleindes jou geloof afgesweer het!

Hierdie blog stel dit ten doel om alle huidige vrymesselaars en voornemende kandidate vir vrymesselary in te lig oor wat presies die gevolge gaan wees van jou lidmaatskap, wat jy daaruit kan kry en hoekom dit vir die meeste van ons so maklik is om uitgevang te word. Ek praat van ondervinding. Ek was self daar.

Wie is ek? My identiteit is nie belangrik nie. Wat belangrik is, is dit. Ek was ‘n vrymesselaar, het dit baie geniet en op ‘n dag raak ek toe bekeer. Nadat Christus in my lewe gekom het, het ek besef hoe totaal onversoenlik vrymesselary met die lewe van ‘n ware Christen is.

Is die bestemming van jou sterflike siel vir jou belangrik? Wel, indien dit is, sou ek jou aanbeveel om baie mooi te dink oor jou besluit om ‘n vrymesselaar te word. Die inligting op hierdie blog is daar gestel om jou in te lig en jou in staat te stel om ‘n besluit te maak gegrond op kennis.

Die lewe is een groot besluit. Kies die Lewe!

8 Responses to “Waaroor gaan die blog”

  1. corrie Says:

    Baie dankie vir die blog, ek stuur hom na almal wat ek ken, corrie dit is verbasend hoe my lewe eenklaps verander het, alles gebeur net, vandag het ons pastoor my gevra om op die kerkraad te dien, ek het gese wag ek wil eers my hart uitpraat, het hom toe vertel ek was ‘n vrymesselaar maar het twee dae gelede bedank,hy het my wel op die kerkraad aanvaar, die HERE WERK MET ONS ALMAL, sterkte met die blog, eks vrymesselaar maar trotse christen, jou vriend in CHRISTUS, CORRIE VAN GREUNEN

  2. Matt Call Says:

    Thanks a lot for your useful article. But I had difficulty navigating past your website as I kept getting 502 bad gateway error. Just thought to let you know.

  3. ciska Says:

    Is hierdie blog steeds aktief? Kan ek asb met jou in verbinding tree. ek het baie vrae of vrymesselary.

    • anothermouse Says:

      Hallo Ciska,
      Ja hierdie blog is inderdaad nog aktief. Ek kry weekliks honderde besoeke van reg rondom die wereld van mense wat wil weet van Vrymesselary. Jou vrae is welkom en ek sal hulle graag beantwoord so goed ek kan.
      Blessings,
      A.

  4. anoniem Says:

    Het ook baie vrae oor vrymesselary.. moet jy aan n “kerk” behoort om een te wees? (moenie verkeerd verstaan nie, ek wil nie een wees nie..) daar is iemand wat ek ken wat baie van die sieninge en patroon van dink het as baie van dit wat ek al opgelees het.

    • anothermouse Says:

      Hallo anoniem,
      Nee, mens hoef nie aan ‘n kerk te behoort om ‘n Vrymesselaar te word nie. Jy moet slegs glo dat daar ‘n Skepper is. Wie jy glo die Skepper is, of dit nou Allah, Boedha, Yahweh of Jesus is, is nie vir hulle belangrik nie. Hulle stel alle gode, insluitende Jesus op gelyke vlak en verhef nie een bo die ander nie!
      Vir ‘n weergebore kind van die Here is dit ‘n massiewe groot probleem!
      Maar benewens dit is daar nog hordes ander probleme, baie van hulle deeglik beskryf in die artikels op hierdie blog, oorgenoeg rede om dit glad nie eens te oorweeg om ‘n Vrymesselaar te word nie en indien jy een is, voldoende rede om dit ernstig te oorweeg om uit Vrymesselary te bedank.
      Ja dit is moontlik om te bedank, ek het – na 15 jaar.
      Dank die Vader daarvoor!
      Jy sal baie goed doen om jou vriend of enige ander persoon waarvan jy weet wat dit oorweeg om aan te sluit ernstig te waarsku daarteen. Ons dien ‘n wonderlike Here, wat Sy lewe vir ons gegee het, maar hy laat nie met Hom spot nie. Hy is baie duidelik in sy Woord dat Hy die enigste God is en dat daar naas Hom geen ander God bestaan nie! Vir die Vrymesselaars om Hom dus te hanteer as maar net nog ‘n god langs ‘n klomp ander gode en om Hom op ‘n gelyke vlak te plaas met hulle is waansin in die oë van iemand wat die Here ken, Hom regtig liefhet en dien.
      Blessings,
      A.

  5. magda Says:

    Ek wil meer weet van n vrymesselaar, wat hul doen en ens, waar en by wie kan ek ordentlike inligting kry asb.

  6. anothermouse Says:

    Hallo Magda,
    Ek was self ‘n Vrymesselaar en het juis hierdie blog begin om ander te waarsku teen die gevare daarvan. Jy sal op hierdie blog baie inligting kry asook verwysings na ander webwerwe, byvoorbeeld “Ex-masons for Jesus”.
    Laat weet gerus indien jy verdere vrae het,
    Blessings,
    A.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: